Sr Ans se DAGSORG

Home / Classifieds / Sr Ans se DAGSORG

Waar ons Mylpale gaan kaf draf!!

Tel: 066 230 6063

As u opsoek is na ʼn klein groepie vir u baba kan u ons gerus kontak!! As daar moeders is wat tans nog op kraam verlof is, kontak ons gerus dit is ʼn voorreg om daardie babas te sien ontwikkel en groei.

Ons bied liefdevolle versorging van u baba / kleuter / peuter aan, onder mediese toesig.

Sr Ans het jare se ondervinding van pediatrie en werk met al die pediaters in die ooste!

Ons gaan beperkte getalle hê sodat ons tyd het om u baba met liefde te kan versorg en hul vordering en ontwikkeling met liefde en aandag kan dophou en ook kan stimuleer.

Sal ook verantwoordelikheid vat as u baba siek is om medikasie volgens voorskrif van u huis dr of pediater te gee en te versorg, net  in gevalle van hoe koors en aansteeklike siektes of oog infeksies sal ons vra of u ʼn ander reëling kan maak om die ander babas en kinders te beskerm.

Ons fokus gaan wees om u kleinding speel speel te laat leer en ontwikkel, ons glo kinders leer wanneer hulle speel, oor hulself en oor alles in die wêreld rondom hulle.

 Speel is ʼn kind se werk, Albert Einstein het speel beskryf as die hoogste vorm van navorsing doen.

Ons gaan fokus op die Mylpale in besonder,

  1. Fisieke Mylpale – Tussen 6 maande en drie jaar word jou kind se lyfie sommer baie slim. Geniet hierdie bedrywige tyd!!
  2. Emosionele Mylpale – Wat gaan aan in die gemoed van ʼn ses maande oue baba,

En hoe help jy ʼn drie jarige om sy gevoelens te verwoord?

  • Intellektuele Mylpale – Van Kleinjan tot Slimjan.
  • Sin vir humor – Lag lag groot word.
  • Sosiale Mylpale – Wil jy hê jou kind moet eendag goeie verhoudings vorm wees van vroeg af bewus van die sosiale ontwikkeling!
  • Sensoriese ontwikkeling, Leer voel voel

En snuif snuif jou kind leer die wêreld ken en verstaan deur hul sintuie in te span.

  • Groot motoriese vaardighede – oefen die groot spiere so.
  • Fyn motories vaardighede – fyn vat en raak trap.
  • Hand-oog koördinasie, dit lyk dalk eenvoudig, maar jou kind se brein en spiere moet saam span om sulke bewegings te laat werk!!
  • Tummy-Time of dan magie-tyd maak sterk. Wanneer jou baba tyd op hul magie deurbring, skep dit die geleentheid om hul spiere te oefen wat die grond vorm vir kruip, rol en loop.
  • Help my Kruip, kruip soos ʼn kampioen. As jou baba nou kruip het hul ʼn groter kans om eendag flink te stap, lees, leer en skryf!!
  • Help my loop, pas op vir ʼn loopring en wanneer moet jy gaan hulp soek.
  • Ek wil alleen speel. Pret op sy eentjie.
  • Speel veilig tuis, beveilig jou huis.
  • Kreatiewe spel. Kreatiewe Kreatuurtjie !!

IT Services & Support

IT Services & Support - Elardus Park - Aludar Technologies. We are an IT business in Pretoria that can help clients with all of their IT...

Opikopi Guest House

Opikopi Guest House is situated in a quiet residential area in the eastern part of Pretoria, making it conveniently close to Elardus Park. It offers...

Trusted Baby Products

Trusted Baby Products - South Africa - Meekaboo products are thoroughly researched and developed to find solutions for some of the nurturing...

Swimming Lessons

Swimming Lessons - Moreleta Park - Aquatic Kids Swim School offers the ultimate swimming experience! We pride ourselves on our nurturing and caring...

Tree Felling Experts

Tree Felling Experts - Pretoria - Pretoria East Tree Felling is a reliable company located in the heart of Pretoria. We provide residents and...

Wills and Litigation

Wills and Litigation - Elardus Park Pretoria - ADV NKOSINATHI TWALA Wills and Litigation - Elardus Park Pretoria - ADV NKOSINATHI TWALA is a Member...