Ouma & Oupa Projek

Home / Blog / Ouma & Oupa Projek

Die Ouma & Oupa Projek gee Kersgeskenke uit vir behoeftige oumensies wat deur skenkers geborg word. Om oumense se lewens te verryk en op te helder deur geskenke en Jesus-liefde vir hulle te gee! Gestig deur Colet van Zyl in Vanderbijlpark en uitgebrei deur Cherice Purcocks na Pretoria en Amsterdam. Kyk gerus na die facebook blad: https://www.facebook.com/ouma.oupa.projek/

Hierdie jaar spog ons met meer skenkers as Oumas en Oupas! Dis hoe wonderlik die mense van Pretoria is!

Sit jou naam op as ‘n skenker vir 2020…

Cherice:
083 843 2752

Epos:
oumas.oupas.projek@gmail.com

  1. STUUR DIE AANTAL OUMAS / OUPAS WAT JY WIL BEDERF
  2. IN WATTER DORP JY IS

Pakkies kan na u vrye-keuse gepak en versier word. Daar kan enigiets in jou Ouma of Oupa se pakkie geplaas word, solank daar net asseblief ietsie is waarvoor hul gevra het. (Ongeveer R150 per pakkie)

NB! Merk asseblief jou pakkie duidelik met die OUMA / OUPA se naam, ouetehuis en kamernommer (indien daar is) en as jy wil – ‘n boodskappie van jou af om dit ekstra spesiaal te maak. 

Ons sal graag van Oktober af enige tyd tot en met die tweede week in November (15 November) die pakkies wou hê om seker te maak dat daar ‘n persoonlike pakkie vir elkeen is. Die aflaaiadres sal weer gestuur word.

Ons beplan dan om by elke ouetehuis ‘n kuiertjie te hou waarby ons die geskenkpakkies gaan uitdeel. Jy as Kersfees-Engel is meer as welkom om ook die partytjie by te woon. 

Die adres waarby die pakkies afgelewer word, sal aan jou gestuur word.  Indien jy in ‘n ander dorp bly en dit is nie uit Pretoria se omgewing nie, sal ons dit met liefde kom haal. Indien jy ver bly, sal ons ‘n Courier reël.

Baie dankie vir jou Jesus-hart. Hierdie Kerfees gaan ons ‘n groot verskil maak in baie mense se lewens!

BELANGRIK:

IT Services & Support

IT Services & Support - Elardus Park - Aludar Technologies. We are an IT business in Pretoria that can help clients with all of their IT...

Opikopi Guest House

Opikopi Guest House is situated in a quiet residential area in the eastern part of Pretoria, making it conveniently close to Elardus Park. It offers...

Trusted Baby Products

Trusted Baby Products - South Africa - Meekaboo products are thoroughly researched and developed to find solutions for some of the nurturing...

Swimming Lessons

Swimming Lessons - Moreleta Park - Aquatic Kids Swim School offers the ultimate swimming experience! We pride ourselves on our nurturing and caring...

Tree Felling Experts

Tree Felling Experts - Pretoria - Pretoria East Tree Felling is a reliable company located in the heart of Pretoria. We provide residents and...

Wills and Litigation

Wills and Litigation - Elardus Park Pretoria - ADV NKOSINATHI TWALA Wills and Litigation - Elardus Park Pretoria - ADV NKOSINATHI TWALA is a Member...