Die Tshwane-metroraad is deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof beveel om die voormalige straatname saam met die hernoemde straatname te vertoon. Die ou straatname moet voor 1 Augustus saam met die nuwe name aangebring bring word.
Drie regters van die Hooggeregshof in Pretoria het die Tshwane-metro se appèl teen ’n vroeër hofbevel van die hand gewys. Die aanvanklike bevel op 19 April 2013 deur regter Bill Prinsloo het bepaal dat die ou name binne 60 dae teruggeplaas moet word. Die name moet dus teen 1 Augustus vanjaar regoor die hoofstad teruggesit word.
Lees meer hier:
http://rekordcenturion.co.za