Skooldrag kan aangekoop word by die lardie klerewinkel op die skoolgronde. Die seuns broeke en hemde kan ook by PEP, Ackermans en Woolworths gekoop word. Maak net seker dis die regte kleure.
DOGTERS: SOMERSDRAG
Skoolrok van wit en blou geruite materiaal waarvan die soom 5-7cm bokant die knie is.
Swart skoene met plat hakke en kort, wit kouse.
Blou skooltrui met ‘n V-nek. Nie ‘n “navy” trui nie.
Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur
Koningsblou oortrektrui – nie “navy” nie.
Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur
Blou kort ski-pants kan onder skoolrok gedra word. Die ski-pants moet koningsblou wees. Geen “navy” ski-pants nie.
Blou “Fleezy-top” met geel EP daarop geborduur
DOGTERS: WINTERSDRAG
Ligblou skoolhemp.
Skooltrui met ‘n V-nek.
Skoolbaadjie met wapen op bors geborduur.
Blou windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
Blou skool-windbrekerbaadjie – by verskaffers beskikbaar.
Swart skoene met plat hakke.
By romp word blou langkouse of “Constantia Blou” broekiekouse gedra.
Das (opsioneel).
Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.
GRAAD 1 – 3: Koningsblou skoollangbroek of rompie
GRAAD 4 – 5: Koningsblou skoollangbroek of Koningsblou romp met ligblou hemp.
GRAAD 6 – 7: Koningsblou skoollangbroek of romp met ligblou skoolhemp.
SEUNS: SOMERSDRAG
Grys kortbroek.
Blou skoolhemp met kort moue.
Swart toerygskoene met lang, grys kouse.
Skooltrui met V-nek.
Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur.
Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.
SEUNS: WINTERSDRAG
Grys skoollangbroek of kortbroek.
Blou skoolhemp met lang- of kortmoue.
Skooltrui met V-nek.
Skoolbaadjie met skoolwapen op geborduur
Blou skoolwindbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur.
Swart toerygskoene met grys skoolkouse.
Das (opsioneel).
Blou “Fleezie” top met EP daarop geborduur.
ALGEMEEN
Die meng van skooldrag sal nie toegelaat word nie (bv. die dra van privaatklere saam met skoolklere).
‘n Sportsweetpakbaadjie mag nie saam met gewone skooldrag gedra word nie.
Geen ander windbreker behalwe dié van die skool mag gedra word nie.
Tydens uitstappies en sportbyeenkomste moet volledige skool- en of sportdrag gedra word.
Provinsiale sportbaadjies mag slegs op Maandae gedra word.
Erekleure mag slegs op die formele skoolbaadjie vasgewerk word.
Die voorgeskrewe skooldrag word te alle tye gedra.
Indien ‘n seun ‘n grys langbroek dra, moet hy ‘n belt of lyfgordel dra.
Netheid is ‘n vereiste wanneer leerders skooldrag dra, binne en buite skoolure en op alle terreine.
SPORTDRAG
‘n Skoolsweetpak mag gedra word op dae wat leerder in die middag ‘n ligawedstryd tuis of weg speel. Alle sportsoorte het dieselfde sportdrag. Atlete kan kort of knielengte rekbroeke (“skipants”) dra onder atletiekbroek, of onder rompe – maar nie alleen nie. Dit moet koningsblou wees.